Hemelbeeld
Hemelbeeld
‘n Ruiter in swart
(perdehoewe wat druis)
het in my asem tuisgegaan
en as ek kón
sou ek sterre opbring.
Só sal ligdraers deur my oë tuimel;
‘n karos van melkweë my bind,
voor dié heilige gloed sal ek hurk
– in stille aanbidding –
my hande in vlamme doop.
Uit die smeltkroes
letters op ‘n hoop hark,
woorde op wit indeel
en die ruiter in swart wegskryf.
Met my laaste asem getuig
van besieling –
‘n hemelbeeld van God.
© Ernst Fernando dos Santos
14 Augustus 2016
6 Kommentare
-
-
Vonnie
Ek stem. . . 'n Staande applous vir hierdie diep beskrywende hartsgedig!
-
Inkmoderator
Hierdie vers praat vir homself. Ek sê net geluk. Jy is talentvol Meneer. Groete.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Staande applous vir hierdie puik gedig!!!