Ek Is Vry
Ek Is Vry-
Jou gedrag het
baie onpersoonlik geraak
jou sagte oë is sku ontwykend
my liggaam deur jou liefdeloosheid
geleidelik wees gelaat maar ek kry
afstand en beskou jou ondersoekend —
Wie het my held se liefde gekaap
sy rotsvaste voete tot klei gemaak?
Skielik voel ek die weersin opstoot
want jy lyk en klink heel anders —
Jou sagte diep stem eens so strelend
ontstig soos die kraai se growwe kras
jou sielvolle oë het die sluheid van ‘n vos
en elke formele kil soen ‘n judaskus
so raak my nie weer aan want my siel
het uit die gekneldheid ontvlug,
uit die bande losgebreek en ek deel
my vryheid hoog met die arendsvlug en
sweef met die swaeltjie op sagte bries,
klapwiek vrolik met die tortelduif
ongebonde my kom en gaan want
ek is vry, ek is vry!
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
ongelooflik mooi en tog ook seer....