Jongste aktiwiteit:

My Verwonde Seer Hart

My Verwonde Seer Hart

Die aand is uitsigloos en grafstil
net maar my hart se ritmiese
klop, klop, klop
so seer verwond maar wat
kloppend vashou aan die vaal lewe—
So uit my hart geskeur luister ek
steeds vir die hekkie se oopmaak en
bekende afgemete lang tree en sy
voetstappe op na die voordeur met
drie vinnige kloppe en dan die klokkie—
Klop, klop , klop
maar rustig voort my verwonde seer hart
jy verbeel jou net die geluide daar buite
dis net die wind wat begin waai het die
hekkie was nie goed op knip en het oopgewaai!
Maar luister tog na daardie stap,
dis sy lang afgemete treë!
O, my hart bedaar, bedaar, dis
sy drie vinnige kloppe en die klokkie!
O, my onstuimige hart
bedaar—

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed