Hoe lank moet ek nog skyn?
Ek skyn dimpelsag
oor kleine kinders
laat hulle, in hul drome lag –
Ek skyn ñ volle nagwaak
oor adel-moeë boere
in hulle reënversugtingslaak –
Ek skyn ñ nimbusboog
oor liefderyke moeders
wat hulle babas, so teertroetelsoog –
Maar ag liewe Heer,
hoe lank moet ek nog skyn
oor owerspelers
se vreemde-bedde deel?
Hoe lank moet ek nog skyn
oor rampokkers en regerings
se korrupte roof en steel?
Hoe lank moet ek nog skyn
oor oorlogmakers en moordenaars
se AK47’s, koevoete en dolk?
Hoe lank moet ek nog skyn
oor hierdie bodemlose kolk?
Ja, hoe lank, hoe lank, my liewe Heer
moet ek dan nog skyn
oor so-vêr afgedwaal
U eens stoere, Geloftevolk?
©Elizabeth Greef
7 Kommentare
-
-
Palet
Pragtig
-
Koekekranka
Ja, hoe lank nog wonder ek agterna... Maar ons, die Volk, het ons rug op ons God gedraai deur Sy gebooie te minag met ons gedros agter prinse aan wat lankal ontmasker is as wêreldgunssoekers! Sad, maar waar my kind. En jou noodvraag klank al lankal en eggo daagliks in God se oor, maar die beker moet eers vol gemaak word bevrees ek... 'n Werkie wat my aan die hart gryp en beslis nodig is. Welgedaan!
-
Arnold
Hoop en glo in ons Verlosser, dan sal daar weer opnuut verlossing kom.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Sjoe .. ek buig laag voor jou Goddelike talent... pragtig!