WINTERSWINDJIE
Waarheen waggel jy so skaamteloos winterswind
met jou gister flenterskoene
geknoop met strengelgras
en fyn grondpadstof as sool
Jy dans jou vreemde volkslied
in die skadu’s van die maanlig uit
en trek jou herfsblaar aanddrag baadjie aan
terwyl jy voor die blaarlose boom gehoor
‘n ou lied van verlede jaar se somer
met verouderde instrumente splinternuut laat klink
…swaaiend om en om
hol ‘n rolbossie voor jou kielievingers
in die swartgebrande gange van ‘n huisie af…
4 Kommentare
-
-
Anze
wow Louie dis nou besonders mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
'n Pragtige lekkerlees enetjie. Het dit nou regtig geniet!