Die kronkelpad van die kanniedood
Liefdes blom hartseer blom
kruispaaie het jou gelei
na soms nӗrens, maar jy
was die vergestalting van my mooiste drome
Die hartseer en rou lig
van gister skyn versagtend oor jou
in hierdie oomblik van nou
‘n hongerblom se hartseer onthou
Hier waar ek staan
en kyk na jou
hoe het jy dit gemaak deur die
koue lang nagte
van winter se klou?
6 Kommentare
-
-
Koekekranka
'n Pragtige versugting!
-
Arnold
Hou hiervan Palet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie mooi Palet