Jongste aktiwiteit:

GOD SE MOEDERHART

U voel met deernis;
ja, U ken die vrouehart.
Voortplantings krag
het U in haar geplant.

Die hemel en die aarde
Is geskep met asemteug.
U’t sterre laat ontplof
In hemel ruim.
U asem bring die lewe!
Vroulik–
dis u vrugbaarheids plan.

Satans mag verbreek U
Deur u opstandings krag.
Hy’t nie geweet
van Vader
se verlossings plan.
Niks kan u skeppingsvermoë
verslind.

O God, U doen wat ek nie kan.
Skeppingsvermoë in my geplant.
Ja, niks kan stuit wat U beplan.
U bring magtig verandering tot stand.

U troos met ‘n moederhart.
vertroostings krag
plant U in moederhart,
omhels in pyn en smart,
genees ‘n kind se hart.
U liefde spoeg
verstil die seer.

Wees stil in sy omhelsing.
Jy is spesiaal gemaak vir Hom.
Jy’s toegevou in liefdes lap –
Oorwinnaar jy ,deur God se krag.
Hy regeer
Met moederhart
In jou, sy kind.

‘n Moederhart –
Buitengewoon gemaak.
Sy vergeet nooit haarkind.
So vergeet Hy nie sy kind.
My naam is in sy hand gekerf.
Hý bring sy werk tot stand.
Hy veg soos moeder vir haar kind.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed