“galbraak” oor resensie-roes
van straatdigter deur slypskool
tot “praatpoësie-digters”
praatpoësie-digters suig nie meer aan die agterspeen
ten spyte van “bandjies vir boeties”
die kontemporêre elite
van akademici
wat spoedig
aan die
uitsterf is
word straatdigters
toenemend opgeneem
gepubliseer en erkenning gegee
selfs deur die vooropgestelde
afrikaanse uitgewers-elite
wie lees nog gedrukte formaat boeke;
slegs die “fynproewers” cum “elite” –
tussen die lyne van elektroniese
stories, poësie, kortverhale
rubrieke, gedagtes
en drome
word digters en skrywers
geresensieër in hokke
van : straatdigters, praatdigters
en geklassifiseer as goed
beter of minder goed
verdra as aanvaarbaar
of negeerbaar
deur:
mededigters
nie-standaardvorme van Afrikaans
word kontemporêr verklaar
daarteenoor staan
te streng kritiek
vrye digspraak
teen en
vernietig
essensiële
uitspreek van gedagtes
in gevoelstaal
en emosies
wat erg
gestrem word
met skematiese
verkondiging van
digkompetisies
oweral
“Die beste kontemporêre poësie is lewensbevestigend en direk relevant vir ons almal se lewens.” (Niel Astley, Staying Alive. Real poems for unreal times, 2002)
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.