Tannie van Glaudina straat
Tannie van Glaudina Straat
Geld het daar harder gepraat as woorde.
Daar was geen einde aan haar oorvloed.
In kringe van mag en aansien het sy beweeg.
Daar was niks wat haar geld nie kon koop nie.
Tog was opregte liefde haar grootste hoop.
Kon sy maar net een keer voel dit wat geld nie kan koop nie.
Die prys van dood is peperduur. Dit is die som van almal se laaste uur.
Sonder sak of kaart is hoe almal aan die einde die lewe verlaat.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.