huppel en druppel
al huppelend beweeg ons teen die strand
nie so vrolik soos sewentig jaar gelede nie
allermins gestoord oor wie sê wat daaroor
nie meer sulke lang treë met elke huppel nie
maar met nog dieselfde vrolike verwagting
so beweeg sy en ek met brakkenjan daarby
oor die harde, stywe deel van die see sand
sien ons elke lewendige spoortjie op en onder
die ewig bewegende sand wat ons steeds laat
met ‘n groot begrip van ons wonderlike Skepper
indien jy wonder :
ek is druppel,
en sy is huppel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.