
Druppeldans
Teen sink se silwer speel ’n sagte lied,
uitkoms in tik-tak, tik-tak aangebied.
Fluister-druppels suis-sis val versigtig,
eers net sag en skaars hoorbaar lig.
Dan bons die note wat klap-klap klink,
’n ritme-wals in druppels, groot en blink.
Tik-tik, tok-tok klink so hard soos ’n skoot,
kletterend soos mooie musieknoot.
Bulder en bons dit in spatsimfonie se lied
wild en woes die druppel wat skiet.
Toe trek dit weg met ’n sagte sug,
verdaag die druiswysie in damp en lug.
Stroompies neurie vrolik en tevree,
soos silwer draadjies stroom hul mee.
Spatklanke sing hul reën-refrein;
’n naglied wat uit die wolke verskyn.
©MarleneErasmus
28/02/2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek