Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2025 – WATER projek

Beste INKers

Hierdie maand ondersoek ons die tema: “Water”

Ek is seker almal is reeds vertroud met die nuwe struktuur van die maandelikse projekte. Die enigste twee groot veranderinge is dat Menings, Artikels en Rubrieke nou onder een sambreel sal resorteer. Hierdie kategorie staan as “Prosa” bekend, maar jy mag steeds ingeskryf onder welke genre jou geval.

Verder, verander die VERHALE kategorie deur Vervolgverhale in te sluit. Lees gerus die reëls deur die skakel te volg: https://ink.org.za/kategorie/projekte/januarie-2025-oop-projek/

Projek: Water

GEDIGTE:
1. Nie meer as 16 reëls nie;
2. Jou titel mag nie “water” wees nie;
3. Die tema is “water” en jy mag dit op enige manier interpreteer;
4. Poog om `n nuutskepping in te sluit;
5. Jou vers moet `n funksionele rympatroon hê;

PROSA:
1. Woordtelling: Nie meer as 800 woorde nie;
2. Tema: water
3. Jy mag die tema op enige manier interpreteer;
4. Let op konstruksie, woordorde en -keuse, spelling en aanbieding;

VERHALE:
1. Woordtelling: Nie meer as 1200 woorde nie;
2. Tema: water
3. Jy mag die tema op enige manier interpreteer;
4. Let op karakterontwikkeling, volgbare storielyn, spelling en konstruksie;

VERVOLGVERHALE:
1. Geen woordtelling voorskrifte;
2. Jy mag slegs 2 hoofstukke per projeksiklus plaas;
3. Jy moet die Hoofstuk nommer in hakies langs jou titel te plaas;
4. Vervolgverhale is nie onderhewig aan enige projektema nie;
5. Jou hele vervolgverhaal moet in die beoordelings periode geplaas word indien jy vir die galatoekennings wil kwalifiseer. (1 September – 31 Augustus)

Vir enige navrae kontak die moderator op inkmoderator@gmail.com.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 DIG INSKRYWINGS, 3 PROSA EN 2 VERHALE PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Buks Appelblaar is die hoofman van ’n groep Boesmans in die Kalahari in die noorde van Botswana. Pieter sit langs hom en sy vuurtjie, omring deur uitgestrekte saggolwende rooibruin duine van die Kalahariwoestyn. Terwyl sy vuurtjie heerlik voort kletter in harmonie met die uitbundige klik-klak-klik-klak van Boesmantonge, tuur Buks in die vêrte, beduie met handgebare […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed