Basiese Profiel
Colin
Die lewe het wye draaie met my geloop. Verlies in verskeie vorme was ‘n prominente deel daarvan. Ek woon sedert 2012 in Stellenbosch waar ek ‘n klein besigheid bedryf. Ek het van jongs af ‘n aanvoeling vir woorde. Die behoefte om myself uit te druk het deur die jare soos die getye gefluktueer, maar meestal net uiting gevind binne ‘n intieme kring, met vakansie-joernale en soortgelyke vertellings. Later het dit aangesluit by ‘n soeke na begrip en gelei tot woordsketse oor alles en nog wat. Daar was die sporadiese gedig, meestal vir die grap. Dit was eers ná my vrou se afsterwe in 2015 wat ek meer ernstig begin dig het, as ‘n soort emosionele uitlaatklep. Aanvanklik was dit net deur ritme en rym, en hoewel dit seker altyd by my sal bly, het ek stadigaan waardering begin kry vir ‘n vryer benadering. Soos baie woordmense streef ek ook daarna om ‘n eie bundel te kan vrystel wat darem ‘n mate van erkenning geniet. Intussen skryf ek oor enige saak wat my na aan die hart lê, veral oor geloof, verlies, die natuur, liefde en lewenskwessies.