Jongste aktiwiteit:

Herskepping

Ek verlang na die dae toe die nagte skoon was
toe die misterie van die donker my betower het
toe die helder sterreruim so naby was
dat ek my kinderdrome aan sy donkermaankoepel kon hang

voordat miljoene neonligte sy geheime verklap het
en ons waar die engele huiwer getrap het

Is die wonderblou planeet net geskep tot verval?
was die sorgvuldige wewing deur die ewige hande
net die voorspel tot sy verwerping en skande?
is ons net akteurs in ‘n fataal-gegote draaiboek?

of het profete en digters hul stemme verhef
dat sy latere glorie die eerste sal oortref?

©-cs-apr-25




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak