Jongste aktiwiteit:

alles in gedagtes

 

 

demensie

– pretensie

differensiële diagnoses

fisiologiese verandering

geestelike aanpassing

sosiale begriploosheid

hewige reaksies

onewewigtige

besluite

 

verloor alle ouer mense die plot

wie besluit oor hul staat van demensie

wat is die effek van sulke besluite

op ouer mense se persoonlikheid

watter mate van eie waarde

word by hulle gelaat

het hulle nog iets

oor om voor

te leef

 

soveel onbeantwoorde vrae

soveel ongevoeligheid wat vrylik bestaan

so baie negeerbare gesprekke van onsekerheid

soveel  onhoorbare uitroepe van wanhoop

soveel daarvan onhoorbaar

net sigbaar op gesigte

verrimpelde gesigte

waar die seer

verwesentlik

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak