Kikimo sing
My geliefste, as jy maar net hier was;
ek sien jou in donker praal
wanneer aarde in sy vrugbaarheid,
bome laat bot en velde blom.
Hoor my treursang-geliefste,
my trane wat in watervalle neurdal.
Seisoene soos herinneringe,
wind wat deur gralsande sy einde nooit vind;
dag en nag se omwenteling-
‘n verskiete-stêr en jy…
My offering-geliefste:
as jy bot en bolrond verskyn-sal ek vir jou sing!
©Morné du Preez
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Goue afdeling