Gradeboog van genot
Bron’s afdeling
Leonie jansen van Rensburg
Gradeboog van genot
Met vaardige vingers het die Groot Argitek
my sag gedruk – reg op die plek
waar jy oorvloedig sal kan leef
en nie gloeiend sal brand, of vriesend sal beef.
Jou gradeboog van genot wil my ál dwing
in vreemde wentelbane in…
Koorsagtig prewel ek jou naam
My lippe bars en my oë traan
Oor jou vermorsing van my genadetyd
En jy noem dít die “mens” se stryd!
Die Groot Argitek staan handegevou
en wag vir jou berou…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek