Ma
Brons afd
Leonie jansen van Rensburg
MA
Jy en ek dwaal in selfgeskepte wentelbane
en aparte sonnestelsels.
Tog deel ons één geenpoel
en noem één aarde “ma”.
“Versoen” drup bloedbevlek oor verskroeide grond
en ruk die Liefde uit ons mond.
Sal ons wentelbane óóit ontmoet
In heugelike samesmelt?
Of hang die ligjare tussen ons soekend na ‘n wurmgat
Maar bly ewig buite reik?
“Slaan hom dood!” Sal die Kain binne my
dan ewig roerend in my bly?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek