Jongste aktiwiteit:

Wat bly nou oor…?

Hoe voel jou hart

Hoe voel jou deernis

Breek jy ook beloftes

Wat net te veel is

 

Wat skryf jou oë

in stilte tye

Dink jy aan goed

Wat reeds verby is

 

In die droë gang

Van jou hart so dors

Terg die spoelklank

Om met jou siel te mors

 

Gaan ons die hartseer

Met liefde stroop

Met die hoop

Om die pyn te verkoop

 

Wat bly nou oor

Wat lê nog voor

Sal ons die trane

Beset deur hoop

 

Waar gaan ons heen

Wat maak ons dan

Gaan ons verlore na tyd verlang

 

Sal ons ʼn slot om ʼn hart losbreek

En vra dat God genees

Sal ons met tyd, die tyd verstaan

En die spyt vereers verlaat…

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed