
Die vorm van water
Die kwyende halfmaan’vorm
vir ‘n voeël in ‘n weggaan’vlug
soos wolke in die lug
vorm dit ‘n bindende element
van rus en onrus
In die wind se waai en wegsweef
lê water in bodemlose kuile
in die stilte van sagte klanke
waardeur die straal van maanlig heimlik dring
Van ‘n kartelende stroompie in die nag
die klank van branders wat mens
aan die slaap sus
die eindelose weg
is die rivier van die lewe
met al die vorms
roerend en stil
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek