doen
golwe doen soms snaakse dinge
dit volg op maanwendings groot en klein
dans hulle stakato-golwe met wit skuim op kruin
saggies trek hul wit skuim strepe oor wit strande
skuim wat spoedig wegsak in vergetelheid
net borrels lug dui lewe aan van onder
lewe wat aansteeklik en vrolik lyk
salig onbewus van heerlikheid
stap fiks-bewuste mense
in flinke stap daaroor
vars seelug inge-adem
versterk hul vir nuwe dag
so is mens wat doen wat hy sê
vars soos see-lug-briesie
tussen rompslomp
van treurmares
lang gesigte
en verdriet
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek