Jongste aktiwiteit:

kraak

 

 

douvoordag se luggie is skerp

laat my terug dink aan my kinderdae

met kaalvoet in die gebrande veld

kraakvars op die spierwit ryp

 

elke oggend baie vroeg

oppad skooltoe met ‘n tas

rugsakke was toe nog taboe

egte swaar leertasse was mode

 

soms kraak die vel op jou hak

seer van die koud en warm spel

maar skoene was daar nog nie

kaalvoet bendes was mos in

 

hoe mis ek nie die tyd

toe geen erger probleem was

as om uit die hoof se kantoor te bly

en sy lat vry te spring nie

 

daardie sorgvrye jare was goed

vreemdelinge was baie skaars

jy kon nog iemand op straat groet

sonder om bevrees te wees

 

nostalgie van die verlede

wat spoel oor vandag se drek

van dit en dat en wie se gat

en skuldgevoel oor elke vat

 

© Tearlach.

 

 




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed