kraak
douvoordag se luggie is skerp
laat my terug dink aan my kinderdae
met kaalvoet in die gebrande veld
kraakvars op die spierwit ryp
elke oggend baie vroeg
oppad skooltoe met ‘n tas
rugsakke was toe nog taboe
egte swaar leertasse was mode
soms kraak die vel op jou hak
seer van die koud en warm spel
maar skoene was daar nog nie
kaalvoet bendes was mos in
hoe mis ek nie die tyd
toe geen erger probleem was
as om uit die hoof se kantoor te bly
en sy lat vry te spring nie
daardie sorgvrye jare was goed
vreemdelinge was baie skaars
jy kon nog iemand op straat groet
sonder om bevrees te wees
nostalgie van die verlede
wat spoel oor vandag se drek
van dit en dat en wie se gat
en skuldgevoel oor elke vat
© Tearlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Pragtige nostalgie gedig. Mis ook daai dae.