Jongste aktiwiteit:

Vrou van die Kavango

Vrou van die Kavango

Deur: Ryno du Plessis

Daar by ongerepte natuur,  in ‘n huis van stok en klei, is waar sy vir haar bestaan baklei.

Voor die son se uur steek sy die heilige vuur aan.

Bring hulde aan die vaders wat voor haar gegaan het.

Van visvang tot mahango plant, lê haar koninkryk daar in die dorreland.

Beskawing roep haar nader.

Gevange in ‘n vreemde taal. Haar prys was duur.

Sy moes ruil haar kultuur van vrye natuur vir ‘n besem en ‘n lap.

“Huisbediende” heet sy nou.

Met hartseer oë vloei trane in haar mou. Maar die groot Okavango vloei steeds in hierdie vrou se oë.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed