Elke keer is dit die laaste trek
Elke Keer is Dit die Laaste Trek
Deur: Ryno du Plessis
In ‘n huis geleef. Herinneringe gebou. Iets wat altyd aan die ou huis sal kleef.
Versigtig pak ek my lewe in. Beskerm dit wat steeds waarde bring.
Meet en pas. Ek wens alles kon pas in net my tas.
Hoe groet jy ‘n lewe so?
Skielike dood, deurmekaar dae, vind geluk en sit alles weer bymekaar.
Weer ‘n tyd van deurmekaar. Tog ook ‘n vooruitsig van ‘n nuwe lewe om weer te ervaar.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.