Stil kelders van my binne
Stil kelders van my binne
As son se snikhete sou stilsnik
oor ons wêreldwingerd
lugblou yl na veregrys
en my oë ophou sien sal
ek steeds jou nabybrand op
my lyf aanvoel die bloukyk
van jou glimlagoë se soet
in my hartkamer proe en
sien hoe jou mond lag
wanneer jou stem weergalm
deur gedagtekelders waar
jy soos semi-soet laatoeswyn
in eikevate die mosgeur van jou
deur stil kelders van my binne vul
© Grootvissie
Oktober 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.