saai en maai
die Saaier saai op voorbereide grond
die saad sit uit in klam aarde en bot
die botsel veg en steek sy kop uit
word dikwels deur wurm ge-oes
die Saaier gee dikwels reën en sonlig
wortels versterk onder die grond
stoot weer, en weer blare uit
die boer kom verjaag wurms
die Saaier sorg vir goeie klimaat
die plante blom en dra vrugte
die boer pas dit op en oes
die plantreste verwelk
die Saaier sien dat alles goed is
die boer kan weer begin ploeg
die grond kry kans om te rus
aard en mens word gevoed
© Tearlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Dis so 'n eenvoudige gedig. Maar tog so mooi geskryf.