Jongste aktiwiteit:

Voel

 

As jou pen nie meer wil skryf nie,

want jou woorde verdrink in trane.

As jou hart bestaan uit ‘n groot staal kis –

vol niks.

Wanneer jou oë ver kyk en bly fokus

op die Wat As en die Miskien.

Sleepvoet,

met ‘n gemoed wat swaar en donker is.

 

Val dan.

Val hard.

Maar val op jou knieë en bid.

Bid vir jouself ‘n leer om uit die gat te klim.

Glo jouself tot by die helder son

en laat toe dat haar strale jou troos.

Kyk na die lig

en voel.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed