Basiese Profiel
Eerste naam
Van
Geslag
INK naam
Jana
Biografie
Ek is ’n Afrikaanse skrywer met ’n liefde vir stories, mense en die besonderhede wat ons lewens betekenis gee. My inspirasie kom dikwels uit die alledaagse lewe, herinneringe en die menslike ervaring.Ek het die Skryfgeheime-kursus suksesvol voltooi onder leiding van die bekroonde skrywer Jani Oosthuysen. Hierdie ervaring het my liefde vir skryf verder verdiep en my aangemoedig om my eie stem as skrywer te ontwikkel.
Ek woon in Riebeek-Wes, waar die rustigheid, mense en stories van die platteland ’n besondere invloed op my skryfwerk het.
Vir my is skryf meer as net woorde op papier. Dit is ’n manier om herinneringe vas te vang, mense se stories te vertel en iets van die menslike hart met ander te deel.