Woorde wat waai
Woorde wat waai
Jou woorde waai
soos herfsblare.
Beloftes soet,
maak jy goed.
Alles weet jy beter,
altyd vir almal raad.
Woorde se dade vlug
soos Namib-sand,
weggewaai.
Jou slim se baas
het hom gevang.
Verstaan jy nou
waarom die mense
vir jou grom?
Mag die dag wel kom
waar jou woorde
werklik blom.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.