Geloof, Hoop en Liefde
Daars niks wat ooit sonder ‘n droom begin,
maar nie eers ons liefde was immuun,
teen die leuens wat mense sou versin
asof ons nie ook geluk verdien.
Twyfel het jou hart kom lê,
ons dryf net verder uit mekaar.
Hoe weet ander wat ons wil hê.
As die buite-geraas net wil bedaar.
Solank ons drome kan lewend bly.
kan hulle raas, en skop en skree.
Jy kan weer jou arms om my nek laat gly
en ek kan myself met oorgawe gee.
Dis net geloof en liefde en hoop,
wat ons twee staande hou.
Van alle lelik en seer gestroop,
is jy my man en ek jou vrou.
So draai weer ons liefdeswiel na bo,
solank ons saam in ons drome glo.
Nothing happens without first a dream – Carl Sandburg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.