ñ Daizy en grassaad vir ma
‘n Daisy en ‘n grassaad vir Ma
Vandat ek haar kan onthou,
was dit wat klein is
groot vir haar.
Goeie tafelmaniere
is meer werd
as beloftes
oor al die mooi.
Geld was nog altyd
vir haar ‘n groot gevaar.
“Dit slaap koud,”
kan ek steeds
haar woorde onthou.
“Jou beste is genoeg
vir Ma.”
Al struikel jy soms,
weet haar hart
hoe om haar kinders
te bewaar.
Van rose hou sy wel,
maar gee vir haar
‘n Daisy
en ‘n grassaad,
en dalk sommer ook
net ‘n suurlemoen.
Dan is my liewe Ma
se dag gemaak.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.