tewens
guitige gedagtes
lei na stuitige woorde
beheb met al jou temas
pleeg jy talent moorde
oorspronklike denke
versteekte kanse
oorvloedige rym
gedwonge
parende
pyn
tewens jou leuse
is daar ook nog ander
nie beheb met jou keuse
ononderdukbaar talentvol
sonder bindende leestekens
wat inisiële denke bind
in argaïese verbande
wat oudmodies
jare lank al
stink
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.