Jongste aktiwiteit:

Jou flenters gestof vir die mooi (Silwer)

het jy gesien my kind…

ek het jou flenters gehang

aan reënboog se punt

 

daar waar die goudpot sy lêplek kom kry

het ek jou potjie blom gesit in die son

 

ek het jou lag geplant vir nog

jou lief gekompas, gewater

sodat jou hart ver kan sien en spog

sodat daar nog oor is vir later

 

ek het jou flenters gestof, gestrooi

sodat ʼn stralekrans kan hang vir die mooi

 

© Cornien Naudé




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed