Waar die heiligheid naak (Silwer)
sal my pen ooit die binnekamers
van ʼn digtershart vind…
die goue weg loop waar woorde
hang aan elk’ nostalgie
om te glo soos ʼn kind
waar die lewe om my vaag –
my siel die hemelstiltes raak
waar die oomblik in heiligheid naak
waar myself nie langer saak
dis net die oomblik waar die nou
gaan stilstaan en die hemel raak
©Cornien Naudé
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek