Jongste aktiwiteit:

Die Melker

Nog voor die haan se eerste kraai
en daeraad skaam oor die Oosterkim loer
terwyl die res van ons nog sluimer-slaap
onbewus van die dag se woelinge wat roer

getrou is die melker op sy pos
besig om duisende liters wit goud te ontgin
met die ritmiese gedreun van die melkmasjiene
staan die melkkoeie gedienstig en getrou

kom somer, winter, sneeu of reën
geen klagte tuimel oor sy lippe
behalwe vir die karige ontvangstes
wat sy lewe meer kompliseer

maar diep in die wese van die melker
word sy hart se kamers aanskoulik verlig
want dit is sy liefde vir sy melkkudde
wat aan ons ons daaglikse wit goud besorg.

© Taai Bonthuys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed