Jongste aktiwiteit:

Hy lewe

op daardie dag
het die Gees, vlees geword
verander in ‘n mens van bloed en water
‘n mens, maar ook God
wie se Gees daarin is
mens-God wat gegee is
om die god-lose te kom red
wat gestuur was om te kom ly
te kom staan voor die mens se regters
‘n regterstoel deurtrek van korrupsie en haat
dié Mens was gehoorsaam sodat die ongehoorsames
gered kan word van hul aardse sondes en bestaan
wonderlikheid van Sy kruisiging en opstanding
uitstort van die Vertrooster oor sy dissipels
evangelie wat nooit afwater of vergaan
miljoene wat in Hom glo, al het hul
Hom nooit gesien nie
want: Hy leef

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed