
Ronddraaiing
My gouddorslief,
met wegspringslae
van geronne sonkringe
– as my
oggendgodsdienste
vir jou
verlore gaan soos ñ
brief –
sal dié prillelug se
skraaltroos
natleiwolke in
gruiselemente
breek
en reëngreine
– nes my oë wat
triestig uitkyk
na dié vérreikende
hemel –
suisend trane húíl.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.