in ‘n koffiewinkel (Goud)
met my opkyk sien ek hom
met yl, regop donshare
en onskuldige oë
soos ‘n weerloos-geslaapte kindjie
sit en kyk hy hoe die jongvrou
melk en suiker afmeet in sy koffie
hy ontvang dit met beide hande
wat dadelik palm om die koppie
en drink kort troetelslukkies
dan lag hy…onbevange en oopmond
en kyk vertrouend in haar oë
terwyl sy ‘n koffiedruppel van sy ken vee
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek