stoor
–
in my loopgraaf
stoor die wapen dikwels
dit raak gevaarlik en ongewens
jy voel blootgestel en paniekerig
soos iemand wat kwaad word
maar niks kan antwoord nie
so stoor elke mens soms
krop maar gevoelens
vir latere gebruik
bring spanning
ongeluk en
liefdeloosheid
so: moet nie opgaar
wat nie moeite
werd is nie
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.