bewing
–
veraf dreuning
fyn gebeur die bewing
eers sag dan erger tot tuimelend
alles om jou beweeg soos in ‘n mal wêreld
waarin niks meer vas kan staan nie
so is ook die gebeure om vandag
soos die kronkels van luislang
eers saggies dan wiegend
om jou toesluit tot jy
versmoor in die
krulle dood
wat jou
sag
vermoor
sonder dat jy
dit eers besef
sonder dat
daar een
skoot
val
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.