LIEWE LIEFDE
(BRONS)
liewe liefde, die dag het gekom
nog altyd jou net op ’n afstand betrag
miskien uit versigting, of dalk was ek dom
of sal ek erken, my vrees vir jou mag?
gek en bedek soos ’n dief in die nag
kom jy onaangekondig en ongeleë
fyn is jou lyn tussen huil en lag
so nou verweef jou neem en gee
liewe liefde, onwillig kom my eerste treë,
my versigting en vrees ten spyt
of ék wil of nie, jóú tyd is geleë
hierdie berg stoot jy my nou uit
liewe liefde, wees my genadig
stoot my as dit moet, doen dit net stadig
©HMellet2021
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek