Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Februarie 2021 – Liefdes-projek

Beste INKers

So is die eerste maand van die nuwe jaar reeds op sy rug en strek Februarie voor ons uit. Hierdie maand is veronderstel om ‘n oop projek te wees, maar ek het dit goed gedink om die tema van “LIEFDE” as ondertoon voor te stel.

Daar is geen vasgestelde regulasies en voorskrifte nie, maar gebruik asseblief die “LIEFDE” as ondertoon in jou skrywe.

Dit geld vir alle afdelings, hetsy jy aan digwerk of prosa deelneem.
Die wêreld waarin ons nou omgaan het bietjie meer liefde, sorg en aandag nodig, en so ook die mense waarmee ons omgaan. Kom ons gebruik die geleentheid om die ware wonder van liefde, vir ons land, vir ons mense, vir ons naaste, vir ons geliefdes, vir ‘n oog-appel, vir vriende…sommer vir alles en almal, en meeste van alles, vir ons TAAL, te besing.

Mag elkeen wat hieraan deelneem, die wonder herondek.
Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Februarie 2021 – Liefdes-projek UITSLAE EN KOMMENTAAR

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2021 3

Baie geluk aan hierdie 11 wenners!

WENNERS

GEDIGTE:
GOUD:
1 ste: 22 – Caren Kearley met Toegang verbode
2de: 21 – Anzé Bezuidenhout met Gekneusde letsels
3de: 5 – Anzé Bezuidenhout met Ek weet jy sal

SILWER:
1 ste: 18 – Andries Fourie met Effe blind
2de: 17 – Andries Fourie met Liefde breeksels
3de: 10 – Driekie Grobler…

DIE LIEFDE (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2021 10

DIE LIEFDE
(Brons)

jou maanlig streel my gemoed
jou sterre skitter in my oë
soos branders wat tuimel
verheug liefdegevoel my emosies
soos reënwater oor die land spoel
het jy my droë wêreld kom voed
vir jou my minlike hartsmens
sal ek altyd my alles uit liefde gee

©TaniaErasmus
09.02.2021

BRANDENDE BEKORING (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2021 11

BRANDENDE BEKORING
(Brons)

terwyl jy my met jou innerlike bekoor
en jou vlees vleiend vloeiend met my kom toor
net soos branders woed in groot blou see
kan ek met passie-dans my salig sag tussen lakens verloor

onverwags deur jou gered uit kloue van weë
met jou menslike aard en figuur gee my vrese mee
soos donderslae…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 212 gaste aanlyn

Bydraes – Argief