DIE LIEFDE (Brons)
DIE LIEFDE
(Brons)
jou maanlig streel my gemoed
jou sterre skitter in my oë
soos branders wat tuimel
verheug liefdegevoel my emosies
soos reënwater oor die land spoel
het jy my droë wêreld kom voed
vir jou my minlike hartsmens
sal ek altyd my alles uit liefde gee
©TaniaErasmus
09.02.2021
2 Kommentare
-
Koekekranka
Laataande klink jou lied van die liefde asof dit eon-tye sal voortduur... Pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek