Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2021 – Liefdes-projek(Bladsy 2)

Beste INKers

So is die eerste maand van die nuwe jaar reeds op sy rug en strek Februarie voor ons uit. Hierdie maand is veronderstel om ‘n oop projek te wees, maar ek het dit goed gedink om die tema van “LIEFDE” as ondertoon voor te stel.

Daar is geen vasgestelde regulasies en voorskrifte nie, maar gebruik asseblief die “LIEFDE” as ondertoon in jou skrywe.

Dit geld vir alle afdelings, hetsy jy aan digwerk of prosa deelneem.
Die wêreld waarin ons nou omgaan het bietjie meer liefde, sorg en aandag nodig, en so ook die mense waarmee ons omgaan. Kom ons gebruik die geleentheid om die ware wonder van liefde, vir ons land, vir ons mense, vir ons naaste, vir ons geliefdes, vir ‘n oog-appel, vir vriende…sommer vir alles en almal, en meeste van alles, vir ons TAAL, te besing.

Mag elkeen wat hieraan deelneem, die wonder herondek.
Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Laat ons oor liefde praat. Seker die onderwerp waaroor daar nog die meeste geskryf, gepraat, gesing en gefilosofeer is. Liefde omsluit ʼn kombinasie van toestande, geestelik en emosioneel, wat kan varieer in gewoontes en tot diepe aangetrokkenheid kan lei. Die tipe aangetrokkenheid dui op die gevoel van liefde wat verder strek as blote guns of […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed