Jongste aktiwiteit:

Nuwe begin

Landi het slapelose nagte gehad, haar rustige lewe het skielik in ‘n nagmerrie verander. Vir die eerste keer het sy nie geweet watter kant toe nie, moet sy die restaurant verkoop of hou. Sy sal moet ‘n besluit neem, gou ook. Die volgende dag, stop sy by haar ouers se huis haar pa het altyd ‘n plan maak nie saak hoe groot die probleem is nie. Haar ma weer, sal haar kalm hou van kindwees af het haar ma geweet om haar te troos en sagkens haar trane weg te streel met liefde en soentjies.

“My kind, gaan vir ‘n rukkie Kaap toe dan besluit jy wat om te doen, ek en jou pa sal hier die fort hou. Jy sal jou antwoorde daar vind, ons sal jou altyd ondersteun ek weet hierdie is nie ‘n maklike besluit nie.”

Landi se oupa en ouma het haar hul enigste erfgenaam gemaak van die restaurant, en ook ‘n gastehuis op ‘n wynplaas in Gansbaai. Sy was altyd daar vir hulle, baie gaan kuier en tyd saam hulle deurgebring.

‘n Week later vertrek sy na die Wes-kaap, sy voel half opgewonde en dan weer benoud. Sy het halfpad oorgeslaap by ‘n plekkie in Merweville. Na ‘n heerlike ontbyt voel sy weer uitgerus en ry verder. By die gastehuis aangekom laai sy haar bagasie uit haar kar, ‘n vriendelike jong man help haar om haar tasse na haar kamer te dra.

“Aangenaam ek is Jandré, ek is die bestuurder hier. Ek neem aan jy is Landi, die nuwe eienaar.”

“Dankie vir jou hulp, ja ek is. Alles voel egter nog te deurmekaar, met tye wil ek weghardloop van al die gebeure. Nou moet ek my lewe verander, en ek weet nie wat die regte keuse gaan wees nie. Dinge het te skielik gebeur, ek het groot en belangrike besluite om te neem.”

Jandré kry haar jammer, sy lyk of sy ‘n rustige mens is wat nie van drastiese veranderinge hou nie. Haar oupa het altyd gesê sy mooi-slim kleindogter sal nog ver kom, en daarom het hy goedgedink om alles aan haar te bemaak. Sy is hulle seun se enigste kind, en daar is geen twyfel dat sy die nodige bekwaamheid en vermoë het om ‘n sukses van die gastehuis en restaurant te maak nie.

Die volgende paar dae was besig, sy het ‘n nuwe bestuurder by die restaurant aangestel. Jandré se neef Morné, sy is baie tevrede met sy vordering. Die man het ‘n besigheidskop op sy lyf, en het ‘n paar grade agter sy naam. Duidelik het hy genoeg geld, daarvan getuig sy sportmotor en huis wat hy in Gansbaai besit. Die gejaagdheid van stadslewe het hom na die rustigheid gelei, sy liefde vir die see ook. Die mense daar is baie vriendelik, Gansbaai spog ook met ‘n pragtige lang strand om langs te gaan stap, en wanneer jy gelukkig is swem daar gereeld walvisse verby die kuslyn.

Landi loop na die perdestalle, sy het lanklaas op ‘n perd se rug geklim. Ou Petrus help haar om vir Vlam op te saal, ‘n swart hings wat sy van kinds af ry, die perd ken Landi en runnik opgewonde toe hy haar sien.

“Hallo ounooi se mooi perd, ek is net so bly om jou weer te sien.”

Sy vryf sag oor sy maanhare, perde was nog altyd vir haar spesiaal en unieke diere. Intussen het Jandré  ook gaan ry saam sy neef, Morné sukkel egter om bo-op te bly, met tye moet hulle stop sodat hy weer reg kan skuif. Landi geniet die rit, sy is op haar gemak en voel hoe die spanning uit haar liggaam vloei. Goeie terapie die natuur, vir ‘n oomblik vergeet sy van al haar probleme en voel weer vry en sorgeloos.

Sy hoor ‘n man benoud skree, klink soos Morné, dan hoor sy Jandré se stem ook.

“Hou vas neef, trek die leisels stywer. Wees kalm jy sal nie afval nie, maar die volgende oomblik val hy af. ‘n Harde val, sy enkel het soos ‘n sweep geklap en pyn skiet deur sy hele lyf.

Landi, help Jandré om hom na die gastehuis te vat. Sy enkel lyk erg geswel, later ry hulle met hom hospitaal toe vir die nodige hulp en medikasie.

“Baie dankie, Landi vir alles, julle gasvryheid, en hulp word hoogs waardeur. . Jammer vir die ongerief, wanneer ek eers weer op die been is sal ek opmaak vir dit.”

Morné probeer glimlag, maar die pyn is ondraaglik seer. ‘n Sister kom in die saal ingeloop, sy vra dat Landi en Jandré hulle sal verskoon terwyl sy die pasient ondersoek. Sy groet Morné, en hulle ry terug plaas toe. Haar gedagtes spring wild rond, al die gebeure vandag is nogal baie om te verwerk, en dan die mooi lang man wat in die hospitaal lê hy  het beslis ‘n indruk op haar gemaak. Sy sal weer mȏre by hom gaan inloer, paar eetgoedjies vat, en hoor wat het hy al’s nodig hy is tog een van haar werkers,  ‘n betroubare goeie vriend vir haar ook geword.

Vroeg die volgende oggend is sy weer oppad hospitaal toe, sy loer by sy kamer in en sien dat hy regop sit in die bed. Hy kyk na buite, duidelik nie gewoond om so vasgekluister te wees nie.

“Goeie mȏre, en hoe gaan dit met die pasient vandag? Vra sy belangstellend, en sit eetgoed langs hom op die bedkassie neer.

“Mȏre, jong ek wens ek kan al hier uitkom hospitale is nie juis my gunsteling plek nie. Hulle het plate geneem van my been, en enkel lyk darm nie te ernstig nie, sal so week hier moet bly. Ek wil jou ‘n groot guns vra, sal jy vir Jandré vra om in my kas by my huis ‘n paar goedjies vir my saam te bring wanneer hy weer kom asseblief. Gister was so gejaag ek’t vergeet om skoon klere, en ‘n handdoek te bring, ek’t net my badsakkie gegryp.”

Landi glimlag vir hom, sy kan net indink hoe hulpeloos en afhanklik hy nou moet voel, om vir ‘n vrou hulp te vra. Na ‘n uur se besoek is dit weer tyd om te ry, hulle het lekker gesels en gelag oor die perd episode. Landi het hom belowe dat sy hom sal leer perd ry, dit het Morné duidelik baie ingenome laat lyk. Die week het vinnig verbygegaan, die dokter is tevrede met sy vordering en Landi kan hom gaan haal. Hy loop effens mank, en hou aan haar arm vas, skielik klop haar hart baie vinnig. Selfs Morné voel ‘n vreemde gevoel amper soos ‘n skoolseun wat verlief is.

Sonsondergang is ‘n belewenis om van agter die berg dop te hou, sy trek van die pad af. Die Wes-Kaap het nou eenmaal ‘n besonderse bekoring met sy natuurskoon, ‘n spesiale stukkie paradys. Hy raak saggies aan haar hand ‘n teer aanraking, hulle oë kyk diep in mekaar sin. Dan lag hulle spontaan saam, en kyk hoe die son se laaste rooi gloed agter die berg verdwyn.

Die pad terug het baie lank gevoel, met tye was daar lang stiltes tussen hulle amper so halwe ongemaklikheid, ‘n bewustheid van mekaar se nabyheid.   Op die plaas aangekom het Maria die huishulp ‘n heerlike ete voorberei, Morné het lanklaas so lekker ge-eet die hospitaal kos is nie baie smaaklik en vullend nie. Na ete het hulle buite in die lapa gaan sit, Jandré het vir elkeen ‘n drankie geskink. Morné het gou baie tuis gevoel, en gemaklik in Landi se geselskap hulle het nogal baie dieselfde belangstellings. Later sȇ Jandré nag, Landi en Morné kuier nog tot laat daardie nag, sy het nooit kon raai dat hy eintlik ‘n veearts ook is nie. Sy liefde vir diere is so suiwer, hy wys haar ‘n foto van sy honde twee groot boerboelle.

Landi se liefde, en ondervinding met perde is verbasend interessant vir hom, die manier hoe sy met hulle kommunikeer en hulle gedrag verstaan is vir hom baie spesiaal. Na paar lesse het hy heeltemal sy vrees vir hulle oorwin, verbasend gou het hy die kuns bemeester, en nie lank nie is hy heel op sy gemak op ‘n perd se rug. Hulle ry een dag net voor sonsondergang uit na die plek waar hy afgeval het, dit is ‘n mooi gedeelte van die plaas. Dit is ‘n heerlike herfsoggend, die ongerepte natuurskoon, met sy voȅllewe, berge is ‘n lafenis vir die moë siel. Die pragtige oseaan met sy koel rotspoele, mooiste sonsondergang en skulpies is net die regte plek vir mens om die saligheid en rustigheid wat dit bied te waardeer.

Landi het besluit dat dit hier is waar sy wil bly, sy het besef dat haar lewe net soveel meer betekenis gekry het. ‘n Nuwe begin, haar brose gemoed het rus gevind in die koepel van die horison. ‘n Stille berusting dat sy gelukkig hier gaan wees. Morné het haar hart verower, sy wil hom graag beter leer ken en ‘n pad saam met hom loop. Haar onstuimige gemoed het hy saggies soos branders op die rotse laat breek.

Haar môres voel nie meer so verlore nie, die gedruis van die branders laat haar drome weer gloeiend skyn.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed