Die mense op die bus
Die Mense op die Bus
Eers gesels hulle oor die weer, probeer die stywe atmosfeer keer.
Later kom die: “Hallo, hoe gaan dit vandag?”
Voor jy jou kom kry, is die tonge los.
Almal weet van elkeen. Lief en leed word op die bus beleef.
Soms ‘n skaterlag, soms ‘n traanwat bars.
Ook die dae van stilte, want almal weet.
Jou dag as vreemdeling word vervang met die ander nuwe een.
Hier op die bus besef ons: Almal word iewers plek-plek geseën.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.