geregtigheid
aanspraak
berekende gevoel
van meerderwaardigheid
strategie om magsdinamika
te verander deur twyfel te skep
sielkundige strategie om meedingers
op verdediging te dwing
te laat voel dat hulle
’n universele wet
oortree het
iemand
moet
dan
apologie
aanteken
of hul gedrag
probeer verklaar
terwyl – die aanvaller
optree asof hy absolute reg
tot hierdie leefspasie het
verblind deur eie glans
kyk hul die krake
in eie fondasie
mis
wys hul
spieël slegs
die held
terwyl
hul
feilbare mens
stil buite in die
koue verhonger
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.