Jongste aktiwiteit:

Die bitter eerste

Die bitter eerste

Die eerste stilte — jou lag is weg, jou stem nou stil.

Eerste Kersfees sonder jou onder die boom. Almal lag, maar jy is weg.

Jammer hang effe in die lig.

Nuwejaar hou almal fees, vuurwerke en vonkelwyn.

Weer kom maak jou stilte ’n bitter draai.

’n Jaar vlieg verby, die dag van jou laaste asem lê voor my hart se deur.

Die dag van laaste groet kom trek my keel aan ’n moeilike greep.

 

Jou verjaarsdag, sonder koek of geskenk, net ’n dag en ’n gedagte van jou.

Geen oproep, geen geluk, net ’n foto wat lag in die gang.

 

Nou is al die eerste finaal verby, behalwe die gedagte dat jy nie vir altyd eerste meer in my hart kan bly.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed