haan in vlug
–
stadig draai in sy verhewe vlug
swart en bruin sy donker kleur
skerp priem sy oë die blou lug
eenvoudig snel sy prooi se val
–
trots sit hy op die droë stomp
wit en swart sy helder kleure
hard weergalm sy wye roep
‘n roep van vryheid vir afrika
–
skerp-en-skor die roep om kos
wil-grys verdun in see se mis
sweef hy oor diep waters alom
trotse satyn-wit kop sag in wind
–
oor berge en dale vlieg die haan
oor seë onbeperk sweef sy maat
oor riviere wat kabbelend vloei
lê klanke van my hart versprei
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.