grense
–
my siel sweef oor alle grense heen
dit ervaar dit wat was, dit wat is en dit wat kom
ongebreidelde informasie wat uitloop op inligting
elke hoogtepunt, elke laagtepunt in my visie
word verwerk en geklassifiseer
tussen verstaanbaar
en onbekend
–
wat vir my mooi is, is dalk nie mooi vir ander
mooi is werklik ‘n relatiewe begrip van elke verstand
uit die hart en hand van een persoon blom daar rose
vele ander verkies egter die gesofistikeerde tulp
verskille maak die lewens wêreld vol karakter
diversiteit is een van die vaste boustene
van die Skepper se skepping
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.